Teken in op die VIA-nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Skryf só vir ’n program in

Op watter program wil jy wees?

Testing the description box

Hartskos

Kom ons braai

Laat die potte prut

My droom-trourok

My plek of joune?

My sakpas-troue

Pasgetroud

Raai wat is toegedraai

Skoonpa-se-tong

Wie's my liefie?

Wil jy op VIA adverteer?

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27 11 217 3119


Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


Ons sal jou dan terugkontak en vir jou ’n voorstelvorm stuur. Vul asseblief hierdie vorm in en stuur dit vir ons terug. Jy sal binne twee maande van ons hoor.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


We will contact you back and send you a proposal form. Please fill it in and send it back to us. You will hear back from us within two months.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Of stuur ’n e-pos na...
info@viatv.co.za

En onthou, ons is ook op...

Onderwerpe

Styl: Huis

Ander

Styl

Verhoudings

Troues

Kos en diëte

Alles

Sorteer

A-Z

Datum

OK

Menu

Wat wys op VIA?

Sorteer opsies

Blitsbrein

’n Vasvraprogram waar slimkoppe dit uitspook om as SA se Blitsbrein gekroon te word. Met die akteur Pietie Beyers as aanbieder.

Slagmeester

Die vleisghoeroe Edu Hanekom is op soek na ’n vakleerling vir sy vleispaleis. Twee aspirant-slagters moet hom wys wat in hulle steek.

Hondehuis

Carmen Bekker wéét wat honde wil hê. In dié splinternuwe program besoek Carmen diereskuilings en kies dan die perfekte pasmaat vir gesinne en individue wat ’n hondekind soek.

Noodlig

In dié werklikheidsprogram volg ons kameras Johannesburg se ER24-paramedici-span op pad na ongelukke en ander krisisse waar hulle dag en nag baklei om lewens te red.

Ete vir twee

Iemand wat nog altyd twee van hul enkellopende vriende aan mekaar wou voorstel, nooi hulle vir ete. Kupido speel sjef en die paartjie speel koskritici.

Inkopie-uur

Besighede en organisasies kry hier die geleentheid om met hul werk en produkte te spog.

Daar doer

Ouers wat sukkel om gewoond te raak aan hul leë nes verras hul kinders met ’n bord tuiskos wat net hulle kon gemaak het.

Die roof-dossiere

Ons verken die stories agter die grootste rooftogte in die Suid-Afrikaanse geskiedenis soos vertel deur misdaadkenners en dié wat daar was.

JAN

Ons leer ken die Michelinster-sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen in Nice vanwaar ons na ’n Italiaanse dorpie vertrek waar hy inspirasie kry vir sy grenslose kreatiwiteit.

My matriekafskeid

Ons deel meisies se matriekafskeid-avonture in dié spesiale werklikheidsreeks. Met die aanbieder Sinki Mlambo.

Opgetof

’n Gedugte dekorspan help gastehuiseienaars van die Vrystaatse dorpie Parys om hul besighede weer op koers te kry.

Bruno

Bruno is bekend vir sy psigiese vermoëns. Hy gebruik sy talente waar dit nodig is: om vermiste mense op te spoor, misdade op te los en mense met persoonlike kwessies te help.

Blits-date

'n Maatsoekprogram waar twee deelnemers in elke episode op anderse afsprake gaan om die nonsense uit te sny en ons enkellopendes se ware karakters te ontbloot.

Skatjagter

Die ma-en-seun-span Joe en Dol Strydom is passievol oor erfstukke en oudhede. Tydens Skatjagter reis die twee na verskeie plekke om vergete skatte uit te snuffel en te herstel tot hul eertydse glorie.

Van skaapstert tot Camembert

Die kok en kookboekskrywer Marlene van der Westhuizen nooi ons op ’n kosreis van haar twee tuistes: Groenpunt in Kaapstad en Charroux in Frankryk.

Plaaskombuis

Die geliefde Elma Postma vat die pad plaas toe om die kombuistafels te besoek waar die land se beste boerekos gemaak word. Saam met Landbouweekblad.

Flori en Koelsoem se kosse

Flori Schrikker en Koelsoem Kamalie, die legendariese tannies van Bonteheuwel, nooi ons binne hulle kombuis en deel die geheime van Kaapse kookkuns met ons.

Weg! Agterpaaie

Weg!-tydskrif se Sophia van Taak en Toast Coetzer neem ons op ’n reis langs die Weskus af en herbesoek die kleurryke mense en plekke wat dié streek so spesiaal maak.

In die bed met Bibi

Die oulike boekwurm, Bibi Slippers, nooi skrywers, sterre en lesers om saam met haar in die bed te klim om oor boeke, lees en alles anders wat ten katel gebeur te gesels.

Pasgetroud

Hou saam bruilof via bruidspare se wenslysies. Kan die troue van jou drome ’n werklikheid word? Op hierdie reeks volg die kameras paartjies op hul troudag en ons kyk of hul grootste wenslyste vir hul groot dag vervul word.

Vrydag 4 uur

Padvatplesiere via Dirk en Alti se maltrap-avonture. Dié geesdriftige paartjie is elke naweek op soek na ’n nuwe avontuur, natuurskoon, ’n partytjie, goeie musiek, interessante mense en alles wat lekker is.

Jy het ’n Wenresep!

Eerste plek in die kombuis via Carmen die kosghoeroe. Drie hoopvolle kokke spook dit uit sodat die ikoniese HUISGENOOT-kosredakteur, Carmen Niehaus, vir een van die disse die gesogte Wenresep-status kan gee.

My plek of joune?

Twee huismaats wie se smaak hemelsbreed verskil, skiet ‘n muntstuk op om te sien wie kry die kans om een vertrek in hul woning teen ‘n begroting, teen tyd en saam met ‘n kennerspan oor te doen.

Heidi Hollywood

Heidi du Toit nooi ons haar megawinkel, Hollywood Costumes, binne. Sy en haar maak seker hul kliënte stap weg met die kostuums van hul drome.

Nisboere

Ons reis die land vol om innoverende landbou-entrepreneurs te ontmoet wat woeker op ’n klein stukkie grond. Met Anrich Herbst, Chris de Clercq en dr. Simonia Magardie. Saam met Laeveld Agrochem.

Laat die potte prut

Drie spanne spook dit uit om te sien wie die lekkerste potjiekos in die land kan maak. Kan hulle betyds hul feesmaal voltooi én die beoordelaars met hul smake beïndruk?

Die koektannie

In haar Douglas-huis leer die stuitige Mareli Visser amateur-bakkers hoe om koeke vir spesiale geleenthede te bak.

Baard, bos en kos

Die sjef John Hall en die baardolie-baas Meyer le Roux daag mekaar uit om fynproewer-geregte in ongewone en aardige plekke te kook in Baard bos en kos.

Troutrane

Getroude paartjies herleef hul troudag terwyl hulle die video van die okkasie saam met geliefdes kyk. En daar is altyd ‘n paar trane – dis nou vir lag en huil.

Ek wou nog sê

’n Geselsprogram waarin Afrikaans se voorste skrywers en woordmense hart oopmaak oor die mag van poësie en die geskrewe woord. Coenie de Villiers en Daniel Hugo is die aanbieders. Met trots geborg deur Avbob.

Landbouweekliks

Ivor Price besoek besonderse boere dwarsoor Suid-Afrika en hou kykers op die hoogte van die jongste verwikkelinge in die landboubedryf. Saam met Landbouweekblad.

Kom ons braai: familie en vriende

Ons gunstelingtydverdryf is nou ’n sosiale eksperiment. Familie en vriende braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!

My sakpas-troue

Ons volg ‘n paartjie se troupad om te sien of hulle die beoogde begroting laat werk het.

Konings van kitskos

In dié kosprogram is die tjommies Alvin Bruinders en Gerhard Steyn op ’n reis om die lekkerste kitskos te verorber en om die karakters te ontmoet wat dit maak.

Twee blondines op toer

Anelma le Roux en Irusha Kröhn wil albei kinders hê, maar voor die vriendinne ma-wees aanpak, reis hulle vir oulaas saam na Oos-Europa. En dit op ‘n begroting.

Die Kontrak

Coleske Artists is op soek na die volgende groot Afrikaanse kunstenaar. Agt aspirant-sangers spook dit week na week uit om ’n platekontrak met Afrikaans se voorste platemaatskappy. Die wenner word by die Afrikaans is Groot-megakonsert gekroon.

Die ooms se band

In die werklikheidsprogram word Pierre van Pletzen se droom waar as hy en Frank Opperman saam met die musikante Anton L’Amour en Leon Ecroignard 'n rockgroep Harrebaard stig.

Stik-stik so

Altesame 27 passievolle naaldwerkers stik en steek dat dit spat om die titel van naaldwerkmeester en ’n bielie van ’n prys los te slaan. Met die aanbieder Danine Naidoo.

Hartskos

Elmarie se sielkunde via lewer-en-netvet. ’n Maaltyd kan ’n duisend dinge sê: Ek is jammer, ek mis jou of selfs trou met my. Sielkundige en kok Elmarie Claassens help ’n kombuis-leek om ’n ete vir ’n besonderse geleentheid te maak.

Die skatties

Christi Panagio en die “pin-up”-meisies dollie ons inspirerende gaste op in die styl van ikoniese heldinne.

Huisgenoot: Ware lewensdramas

Ons herleef dié eeu oue tydskrif se dramatiese en ikoniese stories. Ons besoek die karakters, kenners en joernaliste agter die stories.

My vreemde vriende

DuPreez Strauss het 5 000 Facebook-vriende – die meeste wat jy op 'n persoonlike rekening mag hê. Hy ontmoet nou sy ongewone skermvriende in lewende lywe.

Die Alpenrose

Die vriende Anco Henning en Gerhard Marx besoek die Suid-Afrikaner, Carel Cronje, se hotel in die Switserse Alpe om nes Heidi en Peter ’n reeks ysige avonture aan te pak.

Kom ons braai

Ons gunstelingtydverdryf is nou ’n sosiale eksperiment. Drie paartjies wat mekaar nie ken nie, braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!

Die Kliek

’n Groep enkellopende vroue word deur Jack Parow bekend gestel aan ’n paar ramme in hierdie aweregse dating-program.

Die wasgoedlyn

In dié dokkiereeks besoek die musiekman Riku Lätti bekende en minder bekende kunstenaars dwarsoor Suid-Afrika om te sien hoe Afrikaans in woord en klank voortleef.