Nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Kanselleer
Teken in

Wees op VIA?

...

...

Kanselleer
Stuur inskrywing

Op watter program wil jy wees?

Kom ons braai

Kom ons braai: familie en vriende

Kom ons kamp

Laat die potte prut

Minki

My plek of joune?

Red my hare, Junior

Adverteer op VIA

Klik hier om ons kommersiële span te kontak.

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119


Vir vervaardigers

Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

© MessengerPeople

Menu

Antoinette Pienaar deel kruie-geheime met ons

Meer stories

Hoe het jou liefde vir boererate en natuurlike gesondheid ontstaan?

 

Ek was al as kind bewus van die geheime wat Moeder Natuur in haar boesem dra en het in my geweet dat die bossies in die veld ook medisyne is. Ek het gewens en gedroom dat iemand my sou touwys maak. Daardie droom het waar geword toe ek in 2001 oom Johannes se vakleerling geword het. Toe die oom my begin gesond maak met kruie ná serebrale malaria. Hy het my vertel daar is nie ’n enkele siekte onder die son wat kruie nie kan genees nie en my gees het bollemakiesie geslaan van blydskap! Só het ons avontuur begin waar die oom daagliks die verskillende kruie aan my uitgewys het en vir my begin leer het hoe mens dit pluk, voorberei en drink.

 

Die honderde der duisende boererate het so met die tyd na my toe gekom, soos mense my vertel het wat hulle sommer uit hul kombuis gebruik het toe hulle kind, man of tante siek geraak het. Baie van die rate kom in die vorm van ’n storie en onder vele bloekombome, peperbome en wolwedorings het ek en die oom op mense se werwe gesit en geluister na hulle rate en dan sommer rate uitgeruil. So werk die kruie- en boererate soos suurdeeg en elke genesings-sessie is ook ’n kuier- en storievertel-sessie.

 

Wat is jou lewensmantra?

 

Elkeen van ons word gebore met ’n unieke pad wat ons moet loop. As jy elke dag opdaag op jou pad en elke dag jou pad skoffel, sal jy dit gedoen kry waarvoor jy gebore is om te doen. Dan maak jou lewe vir jou sin.

 

Hoe belangrik is dit om gesond te lewe?

 

Ons liggaam is die tempel waarin ons gees hom huisves. Daarom is dit belangrik dat die “'Huis”' waarin jou gees bly soos ’n goed ge-oliede masjien funksioneer. Daarom is die ou gesegde: “’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees”.

 

Wat beteken gesond wees vir jou?

 

Hier wil ek graag vir Dave Pepler aanhaal wat onlangs op RSG gesê het hy moedig gereeld mense aan om in die natuur te kom, in die tuin te werk met hulle vingers in die grond, om stil te staan en na ’n boom te kyk, want as jy met die aarde werk, dan word jy “ge-aard” en as jy “ge-aard”' is, dan het dit ’n invloed op jou geaardheid.

 

Ek het in my 15 jaar op Theefontein bewus geword hoe die natuur my binnelandskap verander en vernuwe en dit het besliste gesondheisvoordele vir my ingehou. Natuurlik maak dit saak wat jy eet vir ’n gesonde liggaam, maar as ’n mens in gedagte hou dat elke fisiese siekte ’n emosionele oorsaak het, is dit belangrik dat jy jou liggaam sowel as jou gees koester.

 

Wat is jou beste wenk of boereraat om meer energie by die huis en die werk te hê?

 

Mens voel gedurig moeg en oorweldig en jy mors geweldig baie energie as jy nie jou pad loop waarmee jy gebore is nie. As jy jou bemoei met geliefdes en ander mense se paaie of as jy probeer om ’n ander mens se pad vir hom te loop, dan skep jy elke dag water in ’n emmer wat vol gate is. Jy kom nêrens op jou eie pad en dit lei tot frustrasie, woede en ’n gevoel van magteloosheid. Hierdie emosies tap jou energie en jy voel jy het geen lewenskrag nie. As jy meer tyd in die natuur gaan spandeer, gaan daar ’n balans in liggaam en gees wees en jy gaan makliker die stres van die moderne lewe kan hanteer.

 

Een van die eerste dinge wat oom Johannes my geleer het, is dat die mens die enigste een onder die diereryk is wat ’n ronde kop het. En nou gebruik die mens sy kop om al in die rondte te dink en als wat jy ervaar, bly in jou kop. Jy dink jouself só vas, om en om soos ’n spookasem masjien, en al wat jy naderhand kan dink, is spookasem. Ons nek is die brug tussen die kop en die hart, en as jy altwee inspan in jou daaglikse lewe, gaan jy minder moeg wees.

 

Wat is jou raad vir iemand wat sukkel om te slaap?

 

Die moderne mens gaan gebuk onder geweldige elektro-magnetiese besoedeling omdat almal elke dag met rekenaars en selfone werk. Ek lees onlangs dat dit die nuwe  “'groot nee” is. Meeste mense sit elke dag, omtrent heeldag by ’n rekenaar en die liggaam is nie gemaak om so baie te sit nie.

 

Maak tyd om saans na werk te gaan stap, of in jou tuin te werk of om sommer net stil onder ’n boom te gaan sit. Die oumense het geglo jy moet saans voor 7h jou aandete eet, wat uit iets ligs bestaan. So sit jou rekenaar en jou selfoon saans voor 7h uur af en jou televisie nie later as 8h uur nie. So gee jy jouself tyd om die dag te verteer en te verwerk. En word stil. Steek vir jou ’n kers aan en sit en kyk na die lig van die kers sodat jy elke dag die lig waarmee jy gebore is, kan onthou. En as jy snags wakker word en sukkel om weer te slaap, moenie in jou ronde kop inklim en lê en spookasem maak nie, steek ’n kers aan en onthou jou lig binne in jou.

 

Wat kan kykers van Kruitjie roer my verwag?

 

In hierdie episodes vat ek en oom Johannes die kykers aan die hand en lei hulle in die wonderwêreld van die Groot Karoo en sy kruieskat in, ons ontvou die  werkings van ons groot werf met sy windhonde, sy hoenders, kalkoene en katte. Ons sit saam met die kykers onder die groot doringboom en kyk oor die wye vlaktes, terwyl ons ná ’n dag se harde werk asem skep en lag oor die dag se manewales.

 

Hoe was die skiet ervaring vir jou?

 

Ons het omtrent ’n week ná alles klaar was, geslaap! Die ritme in ons lewens op Theefontein gaan volgens die hartklop van die aarde, stadig en duidelik, so dit was ’n uitdaging om volgens die ritme van ’n span met ’n kameravrou, klankman en resgiseur te beweeg. Gelukkig vir ons was die span uiters proffesioneel en teen die einde van die week, het ons gegroei van vreemdelinge tot vriende. Dit was vir ons ’n voorreg om ons paradys met mense te deel.

 

Sonder watter kruie kan jy nie lewe nie?

 

Die eerste kruie is die kankerbossie, die opperhoof van alle kruie. Meeste kruie neem jy net vir drie maande, maar Kankerbossie is al krui wat jy elke dag kan gebruik. Dit versterk jou imuunstelsel en as jou imuunstelsel sterk is, ondersteun dit al jou organe en word deel van jou lewenstyl.

 

Dasbos en klipkruie is die koning en koningin van kruie! Hierdie twee kruie help om balans in die liggaam te bewerkstellig, dis goed vir die niere, die blaas, dit versterk die skildklier, dit help teen depressie, asook Altzheimers.

 

Sou jy mense aanraai om hulle eie kruie in hulle tuine te plant?

 

Natuurlik! Die oumense het almal kruie-apteke in hulle tuine gehad – wilde als, wynruit vir borskwale, salie vir sinus, malvas vir oorpyn, tiemie, die natuur se anti-inflammatoriese hulpmiddel, knoffel vir anti-biotika. Gaan werk met jou vingers in die grond, dat jou binnelandskap kan gedy.


Foto deur: Gita Claassen.

 

Nuwe episodes van Kruidjie roer my wys elke Donderdag om 17:30.

Al Kruidjie roer my-stories