Teken in op die VIA-nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Skryf só vir ’n program in

Op watter program wil jy wees?

Testing the description box

Hartskos

Kom ons braai

Laat die potte prut

My droom-trourok

My plek of joune?

My sakpas-troue

Pasgetroud

Raai wat is toegedraai

Skoonpa-se-tong

Wie's my liefie?

Wil jy op VIA adverteer?

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27 11 217 3119


Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


Ons sal jou dan terugkontak en vir jou ’n voorstelvorm stuur. Vul asseblief hierdie vorm in en stuur dit vir ons terug. Jy sal binne twee maande van ons hoor.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


We will contact you back and send you a proposal form. Please fill it in and send it back to us. You will hear back from us within two months.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Of stuur ’n e-pos na...
info@viatv.co.za

En onthou, ons is ook op...

Menu

Ontmoet My droom-trourok se Diaan Daniels

Meer stories

KITSFEITE
Naam: Diaan
Van: Daniels
Ouderdom: 36
Beroep: Mode-ontwerper
Blyplek: Fourways, Johannesburg


Wat is jou styl-mantra?
Ek weet nie of dit ’n mantra is nie, maar my pa het altyd gese jy kry net een naam, so kyk daarna. Ek streef altyd om die beste vir my kliënte te gee. Hulle is belangrik en die mense wat saam jou werk en ondersteun.


Wie is jou styl-ikone?
Van kleins af, is dit my ma. Sy is ’n baie stylvolle vrou en het altyd net die beste klere aangetrek. En dan ook my ouma wat my talent ontwikkel het vandat ek kan onthou.


Wie is jou gunsteling trourok-ontwerpers?
Plaaslike ontwerpers soos Gert van der Merwe en Christa B. En ná ons My droom-trourok geskiet het, is ek verstom deur Biji van Johannesburg en Stanley Baptiste van Bloemfontein se werk.


Wat is die kenmerke van ’n droom-trourok?

As dit jou bruid van binne na buite laat straal. Die sparkle en energie van ’n gelukkige bruid kan jou ’n miljoenêr maak as jy dit in ’n bottel kon sit en verkoop. Dit kan die perfekte trourok wees of dit nou Aspoestertjie-wyd is of meermin-styl slank, blink of nie-blink. ’n Rok kies jou en nie jy die rok nie.


En as 'n bruid net nie kan besluit nie?
As jy luister wat jou hart sê – en nie na jou familie of vriende nie – wag jou droom-trourok vir jou en jy sal dit op die regte tyd en plek kry, nes jy jou aanstaande ontmoet het. So moenie jouself te veel inhok met wat jy dink jy wil dra nie, want die droom-trourok wat jy meeste van die tyd in jou kop het, is nie die een wat jou gaan pas nie. Jy sal verbaas wees.  ,,


En wat is die kenmerke van ’n droom-troupak?
’n Troupak wat volgens maat gemaak is, laat jou voel of jy die wêreld kan oorneem en die volgende president word. Die kwaliteit van die materiaal is belangrik en dit moet soos ’n handskoen pas. Dis die fyner detail soos ’n blink voering aan die binnekant of ’n geborduurde naam wat dit spesiaal maak.


Wat is die belangrikste ding wat paartjies in gedagte moet hou wanneer hulle op trourokke en –pakke moet besluit?
Daardie foto’s gaan jy vir ewig hê en vir jou kinders en kleinkinders wys. Moenie te weird of anders wees nie. Bly stylvol en luister na ’n professionele opinie. Gaan op verwysing na ’n ontwerper toe as jy nie iemand ken nie. Jy moet gemaklik voel en die ontwerper moet na jou luister. Dit is baie soos om ’n plastiese chirurg of jou man te kies.


Jy en jou wederhelfte Shaun het verlede jaar die knoop deurgehaak. Wat het julle op jul troudag gedra en hoe het julle daarop besluit?
Die tema was wit en swart met silwer elemente. Ek is met swart en wit oor die kop geslaan. Ons het swart kant-details in ons dekor en in ons gevolg se klere gehad. Maar omdat ek ontwerper is, moes ons uitstaan en gewone swart sou nie deug nie. So, ons kant en gekraalde baadjies was effens flambojant maar let's embrace it as we can push the boundaries. Die gaste het almal swart gedra en dit was asemrowend: mooi teen die wit dekor en drapering.


Hoe was dit om jul troue te beplan?
Ek is ’n baie gelukkig: my man is ’n glansfunksie-koördineerder. Ek het net gesê ek soek swart en wit en dit was amazing.


Enige advies oor die groot dag vir paartjies wat op trou staan?
Don't sweat the small stuff. Daai dankie-sê geskenk op die tafel los almal net daar - niemand gaan dit mis nie en jy betaal dan klaar vir hulle ete. ,Beplan eerder ’n klein troue sonder daai familie-vriend wat jy eeue laas gesien het en spandeer geld op jou fotograaf, uitrustings, dekor en wittebrood. Dis iets wat julle vir ewig in ’n fotoraam vasgevang sal hê.


En enige wenke vir vroue wat haar droom-trourok wil los slaan sonder om haar begroting te blaas?
Stylvol en klassiek is altyd ’n goeie begin. Doen jouself ’n guns en nooi eerder tien gaste minder en koop jou droom-rok. Jy gaan ná die tyd spyt wees. En asseblief: spierwit rokke pas nie almal nie – veral nie die van met wit velle nie. Luister asseblief, ma’s en skoonma’s!


Splinternuwe episodes van My droom-trourok wys elke Vrydag om 17:30.

Al My droom-trourok-stories

My droom-trourok

Kyk hoe mooi lyk My droom-trourok-wenner se trouro

Vir Nog

My droom-trourok

Oorleef Valentynsdag via Diaan Daniels

Vir Nog