Nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Kanselleer
Teken in

Wees op VIA?

Hartkos

Testing the description box

Kanselleer
Stuur inskrywing

Op watter program wil jy wees?

Blitsbrein

Die Kliek

Kom ons braai

Kom ons braai: familie en vriende

Kom ons kamp

Kom ons trou, nou!

Laat die potte prut

My plek of joune?

Pasgetroud

Adverteer op VIA

Klik hier om ons kommersiële span te kontak.

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119


Vir vervaardigers

Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


Ons sal jou dan terugkontak en vir jou ’n voorstelvorm stuur. Vul asseblief hierdie vorm in en stuur dit vir ons terug. Jy sal binne twee maande van ons hoor.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


We will contact you back and send you a proposal form. Please fill it in and send it back to us. You will hear back from us within two months.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

© MessengerPeople

Menu

Ontmoet Natalie Roos, Ruil my styl se mode-ghoeroe

Meer stories

Op Ruil my styl gebruik blogger en stylkenner Natalie Roos aanlyn-inkopies om een gelukkige persoon se klerekas nuwe lewe te gee. Hulle kan wegloop met splinternuwe modes van aanlynwinkel Spree – maar hulle moet eers van hul kledingstukke vir liefdadigheid gee. Vind meer uit oor hierdie program se stylvolle aanbieder.


KITSFEITE
Naam: Natalie
Van: Roos
Ouderdom: 27
Beroep: Digitale storieverteller en blogger van Tails of a Mermaid
Blyplek: Woodstock, Kaapstad


Wie is jou styl-ikoon en hoekom?
Ek het nie een spesifieke ikoon nie. Ek vind inspirasie in die seisoene, hoe ek voel in my eie vel en wat ek op die rakke van plaaslike ontwerpers sien. Die materiale en snitte van plaaslike ontwerpers se reekse is vir my baie meer relevant as internasionale modes.


Wat is daai een kledingstuk wat elke vrou in haar kas moet hê?
’n Paar jeans wat haar laat voel asof sy spontaan twee kilogram verloor het en ’n wit knopieshemp.


Watter mode-ontwerper verstaan jou siel die beste en hoekom?
Die plaaslike ontwerper Margot Molyneux. Haar vroulike snitte, klassieke styl en sagte materiale is presies wat ek in moet-hê-items soek.


Wat is die beste mooi-maak wenk wat jy al in jou lewe ontvang het?
Dra altyd sonroom en moet niks dra wat jou so ongemaklik laat voel dat jy heeldag daaraan moet trek nie. Plus: jy lyk altyd die mooiste wanneer jy gereeld oefen.


Wat is die kosbaarste kledingstuk in jou klerekas?
Eintlik amper alles in my klerekas. Ek is glad nie skaam om van die rak af by bekostigbare klerewinkels te koop nie. Ek verkies om gereeld my klerekas ’n makeover te gee, so duur items raak vir my te vinnig vervelig.


Jou blog, Tails of a Mermaid, is baie gewild. Waar kom die blog se naam vandaan?
My lewenslange droom is om eendag ’n meermin te word. Tweede prys sal wees om lang hare soos ’n meermin te hê.


Jy blog graag oor reise. Wat is die vyf kledingstukke waarsonder ’n vrou nie kan reis nie?
’n Swembroek, my beste jeans, ’n denim knopieshemp, ’n kaftan en ’n wit T-hemp.


Het jy enige wenke vir aspirant-bloggers?
Wees jouself en moet nooit probeer om ander mense na te maak nie. Daar is nie plek op die internet daarvoor nie. Jou storie en jou persoonlikheid is interessant genoeg.


Wat is die eerste ding wat jy aanlyn gekoop het?
’n Paar jagterstewels wat ek nou nog elke winter dra.


Baie mense is bang vir aanlyn inkopies – veral as dit by klere kom. Hoe sou jy hierdie mense oortuig om te begin klik en koop?
Dink aan die voordele. Jy kan dit van jou kantoor af doen, dit voel soos Kersfees wanneer jou bestelling afgelewer word, jy hoef nie in aaklige aantrekkamers aan te pas nie, jy hoef nie vir parkering te soek nie en as iets nie pas nie kan jy dit net sommer terugstuur.


Nuwe episodes van Ruil my styl wys elke Vrydag om 17:00.

Al -stories