Nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Kanselleer
Teken in

Wees op VIA?

...

...

Kanselleer
Stuur inskrywing

Op watter program wil jy wees?

Kom ons braai

Kom ons braai: familie en vriende

Laat die potte prut

My plek of joune?

Myne vir joune

Adverteer op VIA

Klik hier om ons kommersiële span te kontak.

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119


Vir vervaardigers

Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Menu

Herman se mikro-geheime: Episode 7

Meer resepte

Slap hakskeentjies 

1 kg klein uitjies, skoongemaak  
knippie sout  
125 ml (½ k) witasyn  
80 ml (¹/³ k) water  
80 ml (¹/³ k) suiker  
2 ml sout  
30 ml mosterdpoeier 
2 groot eiers, geklits  

1. Plaas die uitjies in ’n glasbak en bedek met kookwater. Voeg ’n knippie sout by en mikrogolf 25 minute op hoog. Dreineer en laat staan in ’n vergiettes tot effens afgekoel.  
2. SOUS Meng die asyn, water, suiker, sout en mosterdpoeier goed saam en mikrogolf 2 minute op hoog. Voeg die eiers by, mikrogolf 20 sekondes en klits goed. Mikrogolf nog 20 sekondes en klits weer goed. As die mengsel aan die agterkant van ’n lepel kleef of soos dun vla lyk, is dit reg.  
3. Plaas die uitjies in ’n bak en giet die sous oor. Laat afkoel en plaas in die yskas. 


Frikkadel-kerrie 

45 ml olyfolie  
1 ui, fyngekap  
30 ml vinkelsaad  
30 ml rissievlokkies  
45 ml gerookte masala  
20 ml borrie  
2 lourierblare  
2 x 410 g-blikke klappermelk  
1 x 410 g-blik gekapte tamaties  
1 hand vol koljander, fyngekap  
sout en varsgemaalde swartpeper
500 g maer maalvleis  
1 ui, fyngekap  
2 knoffelhuisies, fyngekap  
1 cm vars gemmer, fyngerasper  
15 ml fyn koljander  
5 ml fyn kaneel  
15 ml fyn komyn  
2 eiers  
100 g fyn broodkrummels 

1. SOUS Plaas die olie, ui, vinkelsaad en rissievlokkies in ’n mikrogolfbestande bak en mikrogolf vir 5 minute of tot die uie begin verbruin. As dit lyk of die speserye begin brand, gooi ’n bietjie water by. Voeg die res van speserye vir die sous by en mikrogolf verder vir nog 5 minute of tot die mengsel geurig is.  
2. Gooi klappermelk en tamaties by. Meng deur. Mikrogolf vir 10-15 minute of tot ’n geurige sous vorm. Roer vars koljander deur. Geur goed met sout en peper. Hou eenkant.  
3. FRIKKADELLE Meng al die bestanddele en geur goed. Verdeel die mengsel in 16 frikkadelle. Pak dit in ’n mikrogolfbestande bak en gooi die sous oor. Mikrogolf vir 15-20 minute of tot gaar. Sit voor met geelrys.  


Outydse vlaskywe  

200 g Cream Crackers (24 beskuitjies)  
100 g (125 ml) suiker 
125 ml vlapoeier  
1 liter melk  
80 g botter, in blokkies gesny  
5 ml vanieljegeursel  
100 g witsjokolade, gesmelt  

1. Voer ’n bak met ’n deursnee van 20 x 15 cm en sowat 2 cm diep met kleefplastiek uit.  
2. Pak die eerste laag beskuitjies in die bak – die breeklyne van die beskuitjies moet in dieselfde rigting wys. 
3. Plaas nou die suiker, vlapoeier, melk, botter en vanielje in ’n mikrogolfbestande bak en meng. Mikrogolf op hoog vir 10-15 minute – roer elke 2 minute om klonte te voorkom. Sodra mengsel dik en gaar is, verwyder jy dit uit mikrogolfoond en giet dit oor die beskuitjies die in bak. Gooi stadig sodat die beskuitjies nie rondskuif nie en smeer gelyk.  
4. Pak die oorblywende beskuitjies op die vla. Maak seker die breeklyne is in dieselfde rigting as dié van die onderste beskuitjies. Laat stol oornag in die yskas.  
5. Giet gesmelte sjokolade oor en laat stol. Keer uit en sny in blokke so groot soos jy verkies – gebruik breeklyne as riglyn. Sit voor. 

Al -resepte

Maalvleis-samoesas

Vir nog

Hoender met Bertus se brandrissiesous

Vir nog

Gys de Villiers se veganistiese fees

Vir nog