Nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Kanselleer
Teken in

Wees op VIA?

...

...

Kanselleer
Stuur inskrywing

Op watter program wil jy wees?

Kom ons braai

Kom ons braai: familie en vriende

Laat die potte prut

My plek of joune?

Myne vir joune

Adverteer op VIA

Klik hier om ons kommersiële span te kontak.

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119


Vir vervaardigers

Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Menu

Herman se mikro-geheime: Episode 9

Meer resepte

Salm in papiersakkies 
sap en gerasperde skil van suurlemoen 
2 preie, in skyfies gesny 
50 g bevrore ertjies 
2 salmfilette 
60 ml crème fraîche 
4 takkies salie 
100 ml basiliepesto 
30 ml botter 
sout en varsgemaalde swartpeper 
125 ml witwyn 

1 Knip bakpapier in vierkante en plaas op die kombuistoonbank. Pak suurlemoenskywe en preie in die middel van elke blok papier. Plaas ertjies bo-op. Plaas vis met velkant na onder bo-op suurlemoen.  
2 Meng die oorblywende bestanddele (behalwe die wyn) en skep dit op die vis. Geur goed met sout en peper. Vou die pakkies goed toe, maar los ’n gaatjie oop. Skink die wyn versigtig in en vou toe. 
3 Mikrogolf vir 8-10 minute. Sit voor met baba-aartappels.  


Kruie-ribbetjies met salsa verde  
250 ml minsout-sojasous   
125 ml worcestersous  
40 ml heuning  
60 ml melassesuiker 
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen  
1 ui, fyngekap  
1 x 410 g-blik kersietamaties  
1 lourierblaar  
2 knoffelhuisies  
1 rooi brandrissie, fyngekap  
hand vol vars tiemie, fyngekap 
3 takkies vars roosmaryn, fyngekap 
500 g varkribbetjies  

Salsa verde 

250 ml pietersielie, fyngekap  
6 kappertjiesade  
sap en gerasperde skil van suurlemoen 
80 ml goeie olyfolie 
sout en varsgemaalde swartpeper 

1 Plaas die sojasous, worcestersous, heuning, suiker en suurlemoensap en -skil in ’n mikrogolfbak. Voeg die ui, tamaties, lourierblaar, knoffel, rissie, tiemie en roosmaryn by.  Bring die mengsel tot kookpunt en plaas ribbetjies in die mengsel. Mikrogolf vir 20 minute.  
2 Haal die vleis uit die sous en laat die sous verder kook tot dit met twee derdes verminder het.  
3 Geur die ribbetjies goed met peper. Sout is onnodig, want die sojasous het ’n sout smaak. Sorg dat jou kole matig warm is en plaas die ribbetjies in ’n toeklaprooster. Verf dit met die afgekookte marinade. Braai 5-8 minute per kant of tot goudbruin en bros. Sit warm voor saam met die salsa verde.   
4 Salsa verde: Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad. Geur die mengsel goed met sout en peper.  


Sjokoladepiesangbrood met sjokoladesous  
115 g sagte botter 
160 g sagte bruinsuiker 
5 ml suurlemoensap 
1 eier 
4 piesangs 
100 ml melk 
170 g (350 ml) koekmeel 
30 ml donker kakao 
25 g semels (digestive bran) 
7,5 ml bakpoeier 
5 ml koeksoda 
2,5 ml sout 
100 g sjokoladesplinters 
100 g pekanneute, fyngekap 

Sous 
250 ml room 
100 g gekapte donker sjokolade

1 Room die botter en suike rsaam. Voeg die suurlemoensap en eier by en meng goed. Voeg die res van bestanddele by en meng goed.  
2 Spuit ’n broodpan van 13 x 26 cm met kossproei. Skep die beslag in die pan en mikrogolf op hoog vir 13 minute. Laat staan vir 8 minute.  
3 SOUS Bring die room tot kookpunt en gooi dit oor die gekapte sjokolade. Roer tot glad. Gooi dit oor die brood en sit voor. 

 

Al -resepte

Maalvleis-samoesas

Vir nog

Hoender met Bertus se brandrissiesous

Vir nog

Gys de Villiers se veganistiese fees

Vir nog